Vier verhoorafwagtendes ontsnap

boeie 2Vier verhoorafwagtendes het ontsnap terwyl hulle na die Johannesburgse landdroshof vervoer is, het die polisie Vrydag gesê.

“Die mans het Woensdag ontsnap voor die voertuig by die binnehof kon inry,” het kapt. Julia Claassen, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het die traliewerk en linkerkantste ruit uitgebreek. Lede van die publiek, wat die mans sien ontsnap het, het die beamptes in kennis gestel.”

Sy sê die mans is verhoorafwagtend vir verskeie misdade in Johannesburg. “Van die misdade sluit moord, huisbraak en die besit van ongelisensieerde vuurwapens in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.