Vier vermeende rowers is in Durban, KwaZulu-Natal deur die polisie doodgeskiet.
“Die mans het Donderdag van ʼn misdaadtoneel aan die suidkus gevlug,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. “Lede van die Bellair-polisiestasie het ondersteuning van die Umlazi-honde-eenheid ontbied. Die polisie het die verdagtes agternagesit en die verdagtes het in Boothweg op die polisie geskiet.”
Die verdagtes het net voor die N3 ʼn ongeluk gemaak in Spineweg. “Hulle het uitgeklim en weer op die polisiebeamptes losgebrand. Die polisie het teruggeskiet en al vier verdagtes is in die skermutseling doodgeskiet,” het Naicker gesê.
ʼn Omstander is ook raakgeskiet. Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem.
Die polisie het op die toneel beslag gelê op vyf vuurwapens, insluitend ʼn AK47-aanvalsgeweer.
Knap gedaan die manne en vroue in blou.
Mooi skote SAPD !!
Mooi skote SAPD !!!