Vierde hondsdolheid-geval in KwaZulu-Natal aangemeld

Nog ‘n geval van hondsdolheid is in KwaZulu-Natal aangemeld wat die totaal die afgelope tyd in die provinsie op vier te staan bring. Die jongste voorval het in die Umlazi-township suid van Durban voorgekom.

‘n Agt-jarige seun is die naweek in Bergville begrawe nadat hy deur ‘n hondsdol-hond gebyt is. Nog twee mense veg om hul lewe in die hospitaal nadat hulle die siekte in die middelland opgedoen het.

Maroela Media het verlede week berig driehonderd-en-vyftig diere wat glo hondsdolheid gehad het, is reeds die jaar in KwaZulu-Natal uitgesit, maar slegs 107 van hulle het uiteindelik positief vir hondsdolheid getoets.

“Die aantal diere dié jaar is hoër weens die uitbreek in die Bergville- en Loskop-gebied,” het Jeffrey Zikhali, woordvoerder vir die departement van landbou gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.