Vierjarige seun glo voor maats verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 17-jarige seun is naby Lichtenburg in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vierjarige seun voor sy maats verkrag het.

Sers. Kelebogile Moiloa, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die voorval het in Itsoseng plaasgevind. “Die seuntjie het verlede Donderdag saam met vriende gespeel toe die tiener hom glo gegryp en voor sy vriende verkrag het,” het Moiloa gesê.

Die vierjarige is daarna glo na ʼn vervalle gemeenskapsaal gesleep waar die tiener hom verder verkrag het.

Die seun se vriende het intussen die voorval by die kind se ma aangemeld.

“Die kind se ma en ontstoke inwoners is na die saal waar hulle glo die tiener op heterdaad betrap het. Die inwoners het die tiener glo aangerand voordat hulle hom aan die plaaslike polisiestasie oorgegee het.”

Volgens Moiloa word die 17-jarige ook daarvan verdink dat hy ʼn 72-jarige vrou in 2011 in Itsoseng verkrag het. Omdat die seun minderjarig is, moet welsynwerkers hom eers ondervra voordat ʼn hofdatum bepaal kan word.

Thandi Modise, die premier van Noordwes, het die twee voorvalle streng veroordeel. Modise het Sondag by die bekendstelling van die 16 dae van aktivisme van Geen geweld teen Vroue, Kinders en Mense met Gestremdhede-veldtog in Mafikeng gesê gemeenskappe moet saamwerk om seksuele oortreders te ontbloot. “Genoeg is genoeg, ons kan nie bekostig dat ons inwoners in vrees lewe nie. Gemeenskappe moet saamstaan en die skuldiges openbaar en verneder,” het Modise gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

hyla snyman ·

Hoekom gee die gemeenskap sulke oortreders aan die polisie oor< reken met hulle af sodat dit nie weer gedoen sal kan word nie< ek is verslae, dis n plaag van wandade teenoor die weerloses.

Stinkvinger ·

Die arme mense word so groot omrede hulle nie ordentlike opvoeding kry nie aangesien hulle dit nie kan bekostig nie.

Jasper ·

Armoede veroorsaak baie problem ja, maar opvoeding in die huis kos niks ekstra nie.

Peter Says ·

vingers, of is dit van tonder, sien jy trol weer rond, jy gaan nie lank hier by Maroela staan nie. Ou kalant van nuus 24.

Henko ·

Liewe Vader van genade. 17 jarige verkrag 4 jarige en op ouderdom 15 ‘n bejaarde van 72!!!!

Stinkvinger ·

Neem net kennis dat dit agtergeblewene mense is. Hierdie mense het ondersteuning dringend nodig.

Henko ·

Jy vat ‘n vet kans. Hierdie agtergeblewene en sy ouers het reeds 20 jaar gehad om aan te pas by ons. Jy kan die perd tot by die water neem, maar hy gaan self moet drink.

mickey ·

nou verstaan ek waar jou naam vandaan kom daai vinger krap dalk op plekke wat nie lekker ruik nie jy praat loutere snert ook nog bonop doen die nasie n guns dan gaan bly jy sommer by die agtergeblewenes dan leer julle mekaar maniere ek kan egter nou al vir jou se dit sal n hopelose poging byde kante wees

Peter Says ·

mickey, ons ken hierdie vinger ou vanaf nuus 24 se dae, sy naam is eintlik lastig van tonder, legens se maatjie, ai, ai julle sal hulle nog leer ken, altyd dwars van die regering, sal maar kyk hoe lank Maroela hulle sal duld ?

annie ·

Genoeg is genoeg bring die dood straf terug nou en nie laater nie ons kinder ly daar onder of dit wit of swart is maak nie saak dit is kinder wat onskuldig is word hier geraak

Wilna ·

Ja ou Stinkvingers……. waar ek vandaan kom kos opvoeding niks. Opvoeding begin by die huis…………. Respek vir ‘n ander kos niks………. Goeie maniere kos niks………..

stephanie ·

mens weet, om geweld met geweld te probeer “regmaak” werk nie, maar regtig, dit raak nou net te erg… wil amper voorstel dat as iemand skuldig bevind word of op daad betrap word, kap af! Ek kan my nie voorstel hoe bang en seer die 4 jarige gehad het en dit omdat n belustige tiener nie homself kan help nie.

amanda ·

weet jul wat sit so mens samet vrouens ini tronk hul sal seker maak hy nie weer aan seuns vat nie sies man dis siek die gemeenskap moes hom gestenig het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.