Vierjarige skok dood in Gauteng

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vierjarige dogtertjie het by die Thembelihle informele nedersetting in Lenasia, suid van Johannesburg, doodgeskok.

“Haar liggaam is Saterdagoggend agter ʼn spazawinkel opgespoor,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Daar was elektriese drade op die vloer en sy het geskok toe sy oor dit getrap het.”

Sy het Vrydagmiddag omstreeks 16:00 verdwyn.

Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek gelas. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sanette ·

Bethal is ook n tydbom vir so geval drade staan oral in dorp ooop selfs hoof substasies. Die is die werk van munisipaliteit se swak werk en instandhouding. Kla help min verskoning geld te kort veiligheid moet seker toegepas word maar daaraan steur hul hul nie Dalk moet NOSA ingryp

Kobus ·

NOSA moes ‘n inspeksie daar gedoen het dan sou dit nie gebeur het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.