Vierjarige sterf na hy onder sleepwa beland

Die foto van Gerrit is in Januarie kort na sy verjaardag geneem. Foto: ww.looklocal.co.za

Die vierjarige Gerrit Bronkhorst is dood nadat hy van ʼn bakkie geval en onder ʼn sleepwa beland het op ʼn plaas tussen Marble Hall en Groblersdal in Limpopo.

LookLocal Polokwane berig dat Gerrit die naweek saam met pa, ook Gerrit, ma Carina en sy ouer boetie, Edward, by familie op die plaas gekuier het toe die voorval plaasgevind het. Carina vertel dat haar seun Saterdag gevra het om agter op die bakkie te sit terwyl hulle op die plaas rondgery het. Sy sê Gerrit het op ʼn kragopwekker gesit en aan die traliewerk van die bakkie vasgehou. Die bakkie het ʼn klip getref en die kragopwekker het geskuif. Gerrit het afgegly, van die bakkie geval en onder die sleepwa agter die bakkie beland. Hy is op die toneel dood. Gerrit se oupa, Herbie Smith, by wie Gerrit twee tot drie oggende per week gaan kuier het, sê sy afsterwe is “verskriklik seer”. “Al wat die familie van Saterdag af kan doen is om te huil.”

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.