Villiers-boer sterf ná plaasaanval

Jannie du Plessis. Foto: Facebook

Jannie du Plessis, die boer van Villiers wat op 6 Januarie geskiet en saam sy vrou ure lank in ‘n kluis toegesluit is, is Vrydagaand oorlede.

Du Plessis se seun, Jannie jnr., het Saterdagoggend aan Maroela Media bevestig sy pa is Vrydagaand net voor 20:00 oorlede. Du Plessis (64) se linkernier is vroeër suksesvol verwyder. Hy was Donderdagaand egter nog kritiek.

Die egpaar is Sondagoggend, 6 Januarie, omstreeks 04:00 by hul plaashuis aangeval.

Lees ook:
Boer geskiet, vrou in kluis toegesluit
Boer stabiel ná aanval
Villiers-plaasaanval: “Bid vir my pa”
Villiers-plaasaanval: Boer oorleef “eerste hekkie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willem Oosthuizen ·

Ons innige meegevoel aan die du Plessis gesin met die afsterwe van pa Jannie. Jannie gaan sekerlik deur almal gemis word. Sterkte Stiennie, Org, Jannie Jr. en familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.