Villiers-plaasaanval: “Bid vir my pa”

Jannie du Plessis. Foto: Facebook

Jannie du Plessis, die boer van Villiers wat Sondagoggend geskiet en saam sy vrou vir ure in ʼn kluis toegesluit is, se linkernier sal glo verwyder moet word.

Du Plessis se seun, Jannie jnr., het Maandag aan Maroela Media bevestig sy pa is steeds ernstig maar stabiel in die intensiewesorg-eenheid van die Unie-hospitaal in Alberton. Du Plessis en sy vrou Stinnie (59) is Sondagoggend omstreeks 04:00 by hul plaashuis aangeval. Lees meer hier.

“As my pa se dokters tevrede is, gaan hy Dinsdag die nierverwyderingsoperasie ondergaan. Dié operasie kan ernstig wees. My ma is nog erg deur die voorval getraumatiseer. Ons het haar vandag gaan haal sodat sy by my pa kan wees, maar sy gaan later weer terug Riemland-kliniek in Frankfort toe vir traumabehandeling. As sy ontslaan word, gaan sy by haar suster bly totdat ons hulle huis heeltemal beveilig het,” het hy gesê.

Jannie jnr. het ʼn versoek gerig dat mense asseblief moet aanhou bid dat sy pa volkome herstel. “Ons wil ook almal bedank wat ons tot nou toe in gebed bygestaan het,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wynand Du Preez ·

Dit is regtig siek dat mense so in die nag in hul eie huise aangeval word vir geen waar dinge rede, ek bid dat daar spoedige herstel sal plaasvind maar ook dat God geregtigheid sal laat geskied in ons land, amen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.