Villiers-plaasaanval: Boer oorleef “eerste hekkie”

Jannie du Plessis. Foto: Facebook

Jannie du Plessis, die boer van Villiers wat Sondagoggend geskiet en saam sy vrou vir agt ure lank in ʼn kluis toegesluit is, se linkernier is suksesvol verwyder.

Du Plessis se seun, Jannie jnr., het Woensdag aan Maroela Media bevestig sy pa is “die eerste en grootste hekkie oor van vele wat voorlê”. “Onder omstandighede gaan dit baie beter. Die operasie het goed gegaan en my pa se dokters is tevrede met sy toestand. Hy gaan Donderdag of Vrydag weer opereer word,” het Jannie jnr. gesê. Du Plessis is steeds in die intensiewesorg-eenheid van die Unie-hospitaal in Alberton.

Stinnie sterk tans by haar sussie in Frankfort aan. Sy kry nog behandeling vir skok en trauma. “Met haar gaan dit ook darem beter, ons het ʼn ongelooflike goeie ondersteuningsnetwerk en is daarvoor ewig dankbaar,” het hy bygevoeg.

Du Plessis en sy vrou Stinnie (59) is Sondagoggend omstreeks 04:00 by hul plaashuis aangeval. Sy nier moes verwyder word nadat hy tydens die aanval in sy maag geskiet is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.