Villiersdorp-tiener steek pa glo met mes, verkrag ma

Die polisie in Villiersdorp het ʼn 19-jarige tiener in hegtenis geneem wat glo sy pa met ʼn mes gesteek en sy ma toe glo in ʼn bos in gesleep en haar verkrag het, toe hy onder die invloed van alkohol was.

Die Daily Voice het Dinsdag berig dat die 42-jarige vrou Saterdagaand geslaap het toe haar seun die voordeur van hul huis noordwes van die Overberg afgeskop, sy ouers aangekla het dat hulle van hom skinder en hulle toe aangeval. Hy het uiteindelik sy ma glo in ʼn bos ingesleep en haar herhaaldelik verkrag.

Die vrou het gesê sy wens hy was dood ná dit wat hy haar aangedoen het. “Ek wens hy wou net doodgaan sonder dat ek daarvan weet,” het die vrou glo aan die Daily Voice gesê. Die polisie in Villiersdorp het glo bevestig dat die tiener klagtes van aanranding en verkragting in die gesig staar. Die tiener se 55-jarige pa het gesê hul seun het hulle al vantevore gedreig toe hy ook onder die invloed van drank was, maar die pa sê hy kan nie sy seun vir die onlangse voorval vergewe nie. “Ek wil niks met hom te doen hê nie. Hy is ʼn hartelose, bose monster. Hy moet nie naby my, my vrou of seun kom nie. Ek gee nie om wat met hom gebeur nie. In my oë is hy dood.”

Klik hier om die oorspronklike berig te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.