Vingerfout vertraag droogtehulp

images (3)ʼn Vingerfout het tot gevolg dat droogtehulpgeld vir boere in Noordwes nog nie betaal is nie, berig Beeld.

Die nasionale tesourie het die week R4,6 miljoen in plaas van R43,6 miljoen in droogtehulpgeld in die provinsiale tesourie-rekening inbetaal. Bonolo Mohlakoana, woordvoerder van die provinsiale departement van landbou, sê die fout sal na verwagting volgende week reggestel word. Naude Pienaar, adjunkhoofbestuurder van Agri-Noordwes, het aan Beeld gesê die fout wys dat die regering nie ernstig daaroor is om droogtehulp aan boere te verleen nie. “Dit het gebeur terwyl president Jacob Zuma gister [Vrydag] droogtehulp van R100 miljoen aan Namibië beloof het.” Noordwes is in September tot droogtegeteisterde gebied verklaar. Mohlakoana sê die provinsie het droogtehulp van R400 miljoen van die regering gevra maar slegs R43,6 miljoen is goedgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gideon Erasmus ·

Ja mens wonder of die vinger nie nog ‘n fout gemaak het, en die res in ‘n private bankrekening oorbetaal het nie. Nou moet die geld eers lê om weer terug betaal te word.

Demokraat ·

Hierdie “vingerfout” storie is vir my nuut – dit klink dan nou nes “verkeerd aangehaal in die media”

leon ·

Ja jammer in die verkeerde bank rekening inbetaal. Dis op die gravy trein mense inbetaal. Kyk wat maak die Zumpie!!!!! Gee R100 milj. Vir Namibia en slegs vir sy eie land. Maar dan stem hulle nog vir hom. Ai daar is nie pille vir dom geit nie.

Jasper ·

Dit gaan hier oor die Witman. Ek dink dit is blatante asprisgeit. Die goed wil ons nie hier hê nie.

fransie ·

Dubbele standaarde – sorg eers vir jou eie en dan vir iemand anders – ons regering het nog baie om te leer !!

HELENA SEABORNE ·

MMMMM DAAI VINGERTJIES KAN NIX REGDUN NIE. ALTYD FOUTE WAT “INSLUIP”

Chris Smit ·

Hier is beslis meer as ‘n vingerfout gemaak. Daar is ‘n ernstige kortsluiting tussen brein (as dit werk) en vinger aksies.

leon ·

Helena jys skerp. Defnitief n kortsluiting voor dit die brein bereik. Geen mens al is hy hoe dom maak so fout met soveel geld nie. Dis blatante diefstal niks anders nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.