Sir Richard Branson, miljardêr en hoof van die Virgin-sakeryk, gaan volgende maand aan die Cape Argus Pick n Pay-fietswedren in Kaapstad deelneem.
Branson het aan die Cape Argus-koerant gesê dié 109km-wedren was al vir jare op sy “bucket list”.
“Die lewe is baie meer pret as ʼn mens ‘ja’ in plaas van ‘nee’ sê. Ek is bereid om enigiets een keer te probeer,” het hy gesê.
Hy gaan op 10 Maart aan dié wedren deelneem saam met sy skoonseun en ander Virgin Active SA-werknemers.
Sy enigste versoek was om ʼn gemaklike saal te hê. Hy beoog om die wedren binne vyf ure te voltooi.