Virgin-baas maak reg vir Argus

Sir Richard Branson

Sir Richard Branson, miljardêr en hoof van die Virgin-sakeryk, gaan volgende maand aan die Cape Argus Pick n Pay-fietswedren in Kaapstad deelneem.

Branson het aan die Cape Argus-koerant gesê dié 109km-wedren was al vir jare op sy “bucket list”.

“Die lewe is baie meer pret as ʼn mens ‘ja’ in plaas van ‘nee’ sê. Ek is bereid om enigiets een keer te probeer,” het hy gesê.

Hy gaan op 10 Maart aan dié wedren deelneem saam met sy skoonseun en ander Virgin Active SA-werknemers.

Sy enigste versoek was om ʼn gemaklike saal te hê. Hy beoog om die wedren binne vyf ure te voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.