Visserman aangeval en geskiet

ʼn Visserman is Sondagoggend op die strand by Winkelspruit, Amanzimtoti in KwaZulu-Natal aangeval en geskiet.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, sê die motief vir die aanval is in die stadium onbekend. “Die polisie in Amanzimtoti ondersoek ʼn saak van poging tot moord en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.” Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die 50-jarige man is verskeie kere geskiet en veg tans om sy lewe in die hospitaal. “Paramedici het op die toneel aangekom en die man gevind waar hy in ʼn kritieke toestand op die strand gelê het.” Hy is na die Nkosi Albert Luthuli-hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.