Visserman verdrink in Port Alfred

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn Visserman het Woensdagmiddag in die Kowierivier-monding by die Port Alfred-hawe in die Oos-Kaap verdrink.

Juan Pretorius, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Port Alfred, sê die visserman het glo oorboord geval nadat die vissersboot waarop hy was deur ʼn golf getref is. Pretorius sê die NSRI het met hul aankoms op die toneel gesien die man dryf in die water waarna duikers hom uitgehaal het en mond-tot-mond-asemhaling op hom begin toepas het. Hy is egter op die toneel dood verklaar. Die man was glo in sy 50’s. “Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen en die man se liggaam is aan die polisie en die patologie-dienste oorhandig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Marlene

Dankie, ons het die fout reggestel!

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.