Vissersboot brand in Kaapstad hawe

‘n Sjinese vissersboot brand steeds in Kaapstad se hawe teen Saterdagmiddag, het die stad se rampbestuur-eenheid gesê.

They Layne, woordvoerder vir Kaapstad se Brandweer- en Hulpreddingsdienste het gesê die brand het net ná middernag op Vrydag uitgebreek. “Op die oomblik is van die boot se brandstof besig om te brand.” Brandbestryders sukkel om die brand te beheer. “Dit is baie moeilik en baie warm… die boot hel na die een kant to oor en dit is dus gevaarlik vir die brandbestryders om die boot te betree,” het Layne gesê. ‘n Man is vir rookinaseming behandel, maar hy benodig nie verdere mediese hulp nie. Layne het gesê dat ‘n besoedelingsbeampte reeds na die toneel gestuur is om die ekologiese impak te bepaal. “Hy is tans besig met sy assessering en sy bevindings moet nog beraam word,” het Layne gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.