Vlaag reuse aardbewings tref die wêreld

Die aarde is die afgelope 24 uur op verskillende plekke deur baie sterk aardbewings getref.

Die sterkste aardbewing was een van M8,3 op die momentmagnitudeskaal wat in die See van Okhotsk aan die kus van Siberië noord van Japan voorgekom het. Dit is die sterkste aardbewing tot dusver vanjaar.

Die skokgolwe was so sterk dat dit “spooklesings” vir aardbewing is Kalifornië aangedui het wat nooit plaasgevind het nie. Tog is geen tsunami-waarskuwing aan Hawaii uitgereik nie.

Die episentrum van die skokgolwe was sowat 600 kilometer onder die oppervlak.

Nog ‘n bielie, een van M7,4 het in die omgewing van Tonga noord van Nieu-Seeland voorgekom. Nog ‘n skok in die omgewing het M 6,4 gemeet, terwyl ‘n skudding van M6,5 ook ‘n rukkie vroeër aan die suid-Chileense kus voorgekom het.

Nog ʼn beduidende aardbewing die afgelope 24 uur was een van M5 sowat 15 km wes van Ndiri, Griekeland, en een van M5,7, ongeveer 11 kilometer van Greenville in Kalifornië. Dié skudding was slegs 11 km onder die oppervlak, en is pas gevolg deur ‘n ligter skudding aan die oppervlak.

Volgens die USGS se lys van beduidende aardbewing vanjaar was daar nou al tien aardbewings van M7 of meer vanjaar.

Teen die huidige tempo sal die afgelope dekade neiging voortgesit word dat daar jaarliks al meer baie sterk aardbewings voorkom. Tot 2006 was daar gemiddeld net meer as tien sulke ardbewings per jaar, maar in die jare daarna heelwat meer. In 2010 was daar 21 sulke aardbewings, en die jaar daarop 19. Verlede jaar was effens rustiger met 13, ‘n getal wat vanjaar baie maklik verbygesteek kan word as die huidige tendens voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

louise ·

Dit is die einde van die tyd, die Here sê in sy Woord, in die laaste dae sal daar aarbewings kom!
Jippppppppppieeeeeeeeeeeeeeeeeeeee! Sy kom en ons verlossing is naby!
\

Miss Knysna ·

Louise there have been earth tremors and earth quakes ever since the beginning.

Paul ·

Die USGS sê: ” We continue to be asked by many people throughout the world if earthquakes are on the increase. Although it may seem that we are having more earthquakes, earthquakes of magnitude 7.0 or greater have remained fairly constant.

A partial explanation may lie in the fact that in the last twenty years, we have definitely had an increase in the number of earthquakes we have been able to locate each year. This is because of the tremendous increase in the number of seismograph stations in the world and the many improvements in global communications. In 1931, there were about 350 stations operating in the world; today, there are more than 8,000 stations and the data now comes in rapidly from these stations by electronic mail, internet and satellite.”

herrie ·

Net vir die Interessantheid – in 2002 was dit 12 van M7 of meer, 2003 14, 2004 – 12, 2005 – 10, 2007 – 17, 2008 – 12, 2009 – 16, 2010 – 21, 2011 – 19, 2012 – 13. Dit handel in dié berig eintlik oor die laaste vyf jaar of so wat dit meer was as die vorige vyf, met die seismies apparatuur reeds grootliks in plek.
Dit bly egter ‘n onverntwoordelik speletjie om iets in die skynbare toenames te lees. Dit gebeur verbasend dikwels dat daar baie vroeg in die jaar, of baie laat in die jaar ‘n vlaag sterk aardbewings voorkom wat, indien enisins aan iets gekoppel, deel uitmaak van ‘n vlaag wat eintlik grootliks in die ander jaar val. Dan kan die syfers ook so verkeerd gelees word.
Volgens studies deur die USGS op die San Andresfout kan ngroot aardbewings elders ‘n invloed op dié verskuiwingsvlak hê, maar soortgelyk dui van hul studies daarop dat as die aardbewings geografies ver uitmekaar voorkom, dit niks met mekaar te make het nie.
Die aardbewings op die boog wat onderom Alaska en Siberië loop het onlangs oor die algemeen sterker begin word, en daar is meer vulkaniese aktiwiteit. Trouens, op Maroela is hieroor berig, en dit is op ‘n verlenging hiervan wat die grote nou voorgekom het. Wanneer daar taamlik baie aardbewings (gewoonlik lig) in die ooste en sentrale dele van Noord-Amerika voorkom, word so ‘n periode dikwels afgeluit deur ‘n groterige op of naby die San Andreas wat nou ook weer gebeur het. Dit kan blote toeval wees, veral omdat baie van die aardbewings, soos onlangse die Oklohomavlaag, aan gasontginning en skaliegas gekoppel word – maar ook hieroor word woes gestry.
So vreemd soos dit mag klink, het die mensedom meer rede om bekommerd te wees as die aardbewings sou ophou. Dit sal impliseer dat die konveksiestrome in die mantel opgehou het, en dat die aarde dan nie meer sy beskermende magneetveld het nie. Dit is hierdie magneetveld wat maak dat die Internasionale Rumtestasie so laag vlieg sodat die bemannig so veel as moontlik hiervan gebruik kan maak as beskerming teen skadelike kosmiese bestraling.
Dat Mars nie meer so ‘n veld het nie, word as een vd redes beskou hoekom die planeet nie meer werklik ‘n atmosfeer het nie – is deur die sonwinde weggegwaai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.