Vlaag tornado’s saai dood en verwoesting in Amerika

Argieffoto

Een persoon is dood en talle beseer toe ‘n vlaag van minstens 19 tornado’s verskeie Amerikaanse deelstate getref het. Waarskuwings is in altesaam 14 deelstate uitgereik, en duisende mense sit sonder krag.

Die tornado’s word deur ‘n sogenaamde stormfront veroorsaak wat tot dié tregterwinde lei wat tot dusver hoofsaaklik die state Oklahoma, Kansas en Iowa geteister het. Die stormfront strek van Texas tot Minnesota.

Die oorledene was ‘n 69-jarige man wat dood is toe ‘n tornado ‘n karavaanpark in die dorpie Shawnee naby Oklahoma City platgeveeg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.