Vleisskandaal: Hier is die sondebokke

Argieffoto

Die name van bekende supermarkte wat hulself aan die vleisskandaal skuldig gemaak het, is Sondag in City Press bekendgemaak.

Pick ‘n Pay, Shoprite, Fruit and Veg City, Woolworths en Spar is van die supermarkte wat vleisprodukte, wat se bestanddele nie volledig bekendgemaak is nie, verkoop. City Press berig verder dat die handelaars hoofsaaklik voorgestel het dat die bevindings blameer kan word op kruisbesoedeling waar een stuk vleis na ‘n ander snybord, sae, hande en toerusting verplaas word.

Whitey Basson, hoof uitvoerende beampte van Shoprite, het aan die koerant gesê daar was nie “opsetlike vervalsing om verbruikers te mislei” nie.

‘n Studie van die Universiteit van Stellenbosch het bevind dat nagenoeg 60% van die 139 produkte wat hulle getoets het, bestanddele bevat wat nie op die etikette aangedui is nie, insluitend donkie, waterbuffel, bok en vark.

Van die 32 produkte wat van Shoprite en Checkers getoets is, was 20 verkeerd aangedui. Volgens Basson maak dié bevindings nie sin nie. “Geen slagter in sy volle verstand sal opsetlik ‘n klein stukkie lamsvleis, wat meer per kilogram kos, by ‘n suiwer beeswors, wat goedkoper is, invoeg nie,” het hy gesê.

Peter Arnold, voedseldirekteur van Pick ‘n Pay, het gesê die hoeveelhede van onverklaarde diereprodukte wat in die Stellenbosch-studie opgespoor is, is “baie klein”. Hy sê daar is ‘n internasionale drumpel dat vleis een persent onverklaarde produk mag bevat, as vergunning vir kruisbesoedeling.

Louw Hoffman, die wetenskaplike wat die studie voltooi het, sê die studie bewys dat verkeerde etikette “algemeen in Suid-Afrika voorkom”. “Dit oortree voedseletikettering-regulasies en kan ‘n invloed hê op ekonomiese, godsdienstige, etiese en gesondheidswaardes,” het Hoffman gesê.

Die studie het vleisprodukte van winkels in Gauteng, die Wes-Kaap, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal ondersoek.

Sidwell Medupe, woordvoerder vir die departement van handel en nywerheid, het gesê ‘n ondersoek is van stapel gestuur om vleisetikettering te ondersoek.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Fran ·

Ag asseblief. Sê vir my waar in SA kry hulle die waterbuffel om met ons vleis te meng. Dis sulke goed wat maak dat ek nie die goed glo nie. Dit is iemand wat nie hou van sy kompetisie nie, se swartsmeerdery, daarvan is ek seker.

Marlene ·

Fran daar’s beslis waterbuffels in S.A. Die waterbuffel se vleis is na aan die van ‘n bees, maar beslis smaakliker as beesvleis. Waterbuffels is groter as ‘n bees maar kleiner as ‘n buffel.

Aan al die boere wil ek net se dankie vir julle harde werk en jammer dat julle so lae prys kry vir julle produkte, dis ‘n skande dat die gene wat aan die burgers van ‘n land moet kos voorsien so sleg behandel word deur van hulle te steel.

Jenny Upshon ·

Fran ek het nog nooit hier ‘n waterbuffel gesien nie, net in Thailand, Indie en Nepal.In Nepal eet hulle dit wel (nie seker van die ander nie)maar onthou waar die meerderheid die Hindoe geloof volg word koeie as heilig beskou en definitief nie geslag nie.In Indie het ek hulle op straat sien loop tussen die verkeer.Ek is nie sekere van die ander oosterse lande nie, dink hulle is ook in Vietnam en Sjina.Ek het self waterbuffel geeet (agterna eers besef wat dit was)in Nepal gedurende staptog.Hulle word baie groot en word onder andere gebruik as ploeg diere in landerye.Ek het geen idee hoe dit hier in die maalvleis beland nie – kan net wonder.Sover dit die Ooste aangaan ken ek nie al die detail nie maar weet wel ons het noue bande en handels ooreenkomste met Sjina asook ‘n goeie verband met Indie, die reuse staal , informasie tegnologie en motor produsent.

Paul Joubert ·

‘n Waterbuffel is baie soortgelyk aan ‘n bees en is waarskynlik een van die oer-stamrasse vir die mak bees wat ons ken, saam met die “Aurochs” uit Europa.
Daar is wel waterbuffels in Suid-Afrika, en daar is ook waterbuffels wat semi-wild in Australië voorkom, asook in Suid-Amerika.

In die studie: “A high incidence of species substitution and mislabelling detected in meat products sold in South Africa” is ook slegs in vier vleismonsters enige waterbuffel gevind. Sommige van die vier produkte met waterbuffel in, is wel in supermarkte gevind, hoewel donkie in geen supermark gevind is waar toetse gedoen is nie.

Elize ·

Ja dit is n skande.Woolworths,wat nou die wonderlike inkoop plek is,en al sy goed van die beste is,en die duurste is val ook nou onder die skuldiges.
n Mens sal te bang wees om enige mince by hulle te koop.

Cobus ·

Ek het nog nie siek geraak van die vleis wat ek by die betrokke winkels gekoop het nie. Ek kan nie sien waaroor al die bohaai gaan nie, behalwe as dit oor geloof gaan!

Francis daisy janssen ·

Nee man dit is nie so erg nie julle gee net skiet goed vir die ANC

annebe Schoeman ·

Fran, hulle voer die vleis in…ekt n wildsabbatoir en van my kleinte wat by my wildstrimms koop het al gese hy kan eerder goedkoop kangaroo insit as om wildsvleis by my te kry……moet se die bohaai is regtig verniet!!! As hul nie vleis gaan meng, gaan eindprodukt nog duurder wees!!!

johan ·

Ja nee, wat is so bietjie ander vleis gemeng want ons weet in elke geval nie wat daar in is met die regte label of nie

Stoffel ·

Fran, hulle voer dit in teen belaglike pryse en so druk hulle die boere van die land dood!

Die ketting-winkels, wat in elk geval deur die geld-mag besit word, maak net nog meer geld! Hulle het genoeg geld om alle maatreëls om te koop.

Ons boere het laas jaar R34/kg vir lammers gekry. Toe betaal Die stadsmense R135/kg vir lam-vleis.
Nou kry ons R20/kg vir lammers en hulle betaal nogsteeds R135/kg………?

Ek verstaan nie daai som nie, maar dat alles deur die “geldmag” gemanipuleer word is so duidelik soos daglig!

Yvonne ·

Dis tyd dat ons weer begin om die middelman uit te sny. Ek het nou die dag skaap by ‘n boer gekoop teen helfte van die prys wat die goedkoopste winkel hierrond dit voor verkoop. Dieselfde gaan vir melk. Nie eers R3 per liter vir die melkboer, maar ons betaal R10 per liter op die rak. Kyk maar na Clover. Skreiende skande. Ek se, produkte van ons mense, vir ons mense. Ondersteun boere direk en help ons produsente.

Ronel ·

Ek stem 100% saam. Vraag is, mag mens direk by die boere gaan koop? Ekt gehoor dis kwansuis teen die wet! Als gaan oor geld en beheer!! Sal veel eerder by die boer wou koop. Varser en goedkoper!!

mara ·

Wonderlik hoe baie mense die gemengde vleis goed praat.. Ag nee OPREGTE Suid Afrikaners Waar is julle waardes. Mens eet nie nie ENIGE ding wat voorkom nie. Maggies… Dan bly ek liewer daar sonder en eet net vis. Dis in elkgeval gesonder.

Charl ·

Pasop net dat die vis nie met haai en walvis en waterskilpad en seeperdjies besmet is nie…

Rosa ·

het al op SAL vlug se visdis met kraakbeen gekry – net haai het blykbaar kraakbeen

Paul Joubert ·

Rosa, die “skates” of sandhaaie wat redelik algemeen geëet word is ook kraakbeenvisse. In Engeland, byvoorbeeld, is kleinerige haaie (dogfish) ook redelik algemeen geëet. Inderdaad soveel so dat baie van hulle nou beskermde visse is.

Wilma Venter ·

Ek koop nie in ‘n KETTINGWINKEL vleis nie en BASTA… Ek koop by my SLAGTER want ek WEET VIR ‘n feit soos ‘n koei dat hy my nie sal verneuk nie… Roodt Slaghuis in Florida, Roodepoort se vleis is die HEEL BESTE!!!! WOOLWORTHS…. SIES VIR JULLE…. EERS DIE PERSONEEL SKANDAAL EN NOU DIT??? Whitey en Raymond???? Wat sal ek se… nie sies nie, maar ons het julle nog altyd vertrou om die beste vleisprodukte te lewer want julle is nie goedkoop daarme nie… Wat nou van julle CHAMPIONSHOP Boerewors, Whitey??? Hoe dan nou… kan mens dit koop en vertrou dit gaan wees soos julle dit adverteer??? LAAT MENS DINK NE?

SANTJIE COETZEE ·

DIT IS UITERS SWAK HOE MENS VERKUL WORD EN GEROOF WORD VAN JOU GELD EN DIT NOG PESIOEN SIES!!

Tania ·

Ek het dit vir seker wragtig nie van Woolworths & Pick ‘n Pay verwag nie. ‘n Mens kan ook niemand meer vertrou nie! Ag sies man! Sal maar in die toekoms my groceries gaan koop by die farmers market!!

Linda Wentworth ·

Ek kan nie glo Woolworths is ook skuldig nie!! Ons koop al vir ‘n geruime hulle vleis omdat dit nie so baie vet bevat nie EN dis geweldig duur!!!! Ag nee!!

Smitty Thiart ·

Mooi Linda! Of koop julle juis daar omdat die vleis duurder is?! Shame man, hoe is dit enigsins moontlik dat Woolworths betrokke kan wees terwyl hulle eintlik my status moes ondersteun?!

Ansa ·

Wat dit ookal was wat ek tot dusvêr geëet het was lekker, het niemand siek gemaak nie en ek is dankbaar ek kan kos bekostig, ons is geseënd! Om mense te bedrieg is verkeerd, maar ek wonder of die molshoop nie onnodig opgeblaas word nie. Ons kon in China gebly het en rotte geëet het.

Cois ·

Miskien kontaminasie met vark ja, maar donkie en perd word op geen van hulle produkte aangebring nie!!

Paul Joubert ·

Cois, die rede daarvoor is dat donkievleis slegs by een slaghuis in Natal gevind is en by geen van die groot kettingwinkels nie.

Ronellé Snyman ·

So is ek darem nie lief vir vleis nie, dan word ek maar ‘n vegetariër, dis net so goed jy besluit eendag om jou eie troeteldiere te eet, want alle vleis raak mos nou aanvaarbaar, dis mos kastig nie so erg nie. Hulle is lewende wesens net soos ek en jy.

Annatjie Pistorius ·

Hoor vanoggend oor die nuus dat Spar die enigste is wat positiewe kommentaar gelewer het. PnP en Shoprite het dit afgemaak as ‘n klein persentasie en kruiskontaminasie. Watse slaghuis bewerk donkies dat dit ander vleis kan kontamineer?

Paul Joubert ·

Annatjie, slegs een slaghuis op die platteland van Natal. Dis nog van die begin van die studie so aangedui, maar die media berig dit nie, want dis mos nie sensasie nie…

Adriaan Wessels ·

Ek is in die Voedsel bedryf en het baie keer as ons shefs met maalvleis ‘n dis voorberei het die reuk van hoender geruik as die maalvleis gebraai word, hoe dit gebeur sal net die slagters weet dat bees vleis soos hoender ruik. Ons word daagliks om die bos gelei met die slagters en vleis verskaffers as hulle nie plate vet versteek in die vleis nie dan spuit hulle die vleis met soos wat op die pakkie gese word met” brain” en dat die gewig aangedui nie die gewig is van die vleis nie”bacon” as jydit uit haal en weeg sal jy agterkom dat jy vir 115g water betaal in plaas van volle 500g of wat ookal die gewig is wat aan getoon word. Ek is so bly dat daar nog mense is wat ondersoek instel om die wat ons so indoen te open baar en ek moet ook net se Woolworths? ek dog hulle vleise is so perfek en organies, wys jou net hoe skelm oneerlik en Bull s….hulle werklik is

Leon Snyman ·

Kom ons ondersteun eerder die boere en koop dierek by hulle vleis aan en skakel dan die sogenaamde goverment uit vir al daai belasting wat ons moet uit gee

Stoffel ·

Ek stem 100% saam met jou Leon. As almal dit gaan doen, gaan dit die beste ding ooit wees wat kan gebeur!

Jan-Danie ·

Dit is gebeure soos hierdie wat mens laat witwarm word van afsku vir die mens se inhaligheid. Ek is baie lief vir vleis en het al verskeie kere by hierdie winkel groepe gekoop. Wie gee om of hulle aan ‘n internasionale drumpel se besluit voldoen? As ek vir skaap betaal wil ek nie 10% ander vleis hê! Dit maak my so kwaad dat hul van my gesteel het, elke maand betaal ek plus minus R700 vir vleis as mens nou terug gaan en net sê 10% van die vleis was “Kruis besoedel” op hoeveel rand se leuns loop dit uit? Hoeveel boere speel bankrot weens hierdie leuns? Dit is net onaanvaarbaar!!!! Ek sal graag wil weet wat gaan aan hierdie groepe gedoen word en waar kan mens klagtes teen hul gaan lê?

Paul Joubert ·

Het jy al die volledige studie gelees, Jan-Danie? Dis gratis op die internet beskikbaar.

Shaun ·

Is dit nou regtig so groot skande? Het ons almal so groot verlies gelei? As ek nou ‘n korreltjie donkie in my vlies kry gaan ek regtig nie my geld gaan terug vra nie. Ek sal saam stem dat die groepe nou meer moet doen om dit te voorkom. Ek gaan koop nog elke naweek my vleis, en weet jy wat, dit proe nog net so lekker. Al weet ek daar is donkie en buffel in.

Jan-Danie ·

Hi Shaun Ek is so bly jy voel so traak-my-nie-agtig oor wat jy eet of waar dit vandaan kom. Kan ek jou bietjie inlig wat jy eet want jy verstaan lyk dit my glad nie. Hierdie Donkies, Waterbuffel ens. wat jy so aan smul word skelm geslag en hanteer. Baie van hierdie diere word met skepe ingevoer lewend of dood besef jy al die siektes wat die diere kan hê om onbeheerd ingevoer te word? Daar is geen beheer oor die lekker Donkie Steak daar uit Vryburg. Geen gesondheids inspekteur om die smul happie darem op ‘n eetbare standaard af te teken nie.

Irma ·

Stoffel miskien moet julle boere jul pryse waarteen julle bereid is om aan die publiek te verkoop bekendmaak, dan koop ons stadsjapies eerder direk van die boere. Wat ‘n skreiende skande dat julle so min as R34.00 p/k en nou R20.00 p/k kry en dit terwyl dit vir my onbekostigbaar is om ‘n stukkie lamsvleis te koop.

Indien die boere teen ‘n redelike prys die vleis aan die publiek kan verskaf sal baie mense eerder direk van julle koop en sodoende is dit ‘n wen, wen situasie.

san stols ·

Om by die boer direk te koop mag voordelig wees maar gaan die boer se vleis ‘gesonde vleis’ wees?
Van my gesin eet enige vleis bhalwe huisdiere, ek nie. Ek repekteer hul smaak en aanvaarding. Dus, ek wil nie donkie hond, kat of perd eet, dis vir my ‘n troeteldier. Selfs ‘n haan wat troetel groot gemaak is (al eet ek hoender) kon ek nie eet nie. Maak vir die mense wat donkie en perd sal eet ‘n slagter oop.

Stoffel ·

Irma, ek stem 100% saam!
Onthou nou net dit is per lewendige gewig of soos ons praat -op die hoef. Geslag, praat jy huidiglik van R40 tot R45/kg.

San hoekom sal die boer se vleis nie gesonde vleis wees nie en as jy die boer se opset gesien het, kan jy mos weet.

As jy bang is die slag geriewe is nie skoon nie, koop ‘n vleis-saag en gaan haal die karkas en saag hom self op.

Johan van den Berg ·

Wil net aan Basson van Checkers sê, jy praat die grootste klomp strooi wat ek in my lewe gelees het!!! Jy is heeltemal van die pad af!! Seker omdat jy skuldig voel. Checkers en Spar gooi enige gemors in hul produkte!! Niemand het gepraat van Lam by bees of iets nie, dit gaan oor al die ander gemors. En julle kan dit maar ontken soveel julle wil, dis die reine waarheid!!!

Paul Joubert ·

Johan, jou kritiek is onvanpas. Lees die volledige studie (dis gratis op die internet beskikbaar). Die “ander gemors” (donkie) is nie by die groot kettingwinkels gevind nie, maar slegs by een slaghuis in Natal.

Jou stelling is dus nie “die reine waarheid” nie…

Trudy Jordaan ·

Ek wil graag die mense aanraai om jou kleiner slagter op die proef te stel – ons sukkel teen die groot maatskappye en kon nooit agterkom hoekom hulle vleis so goedkoop (partykeer onder ons kospryse) kon verkoop nie – nou weet ons want die helfte is gemors. Ons slaghuis hier op Diaz Strand in Mosselbaai koop direk by die slagpale, maak self ons eie wors, ham, russians ens., en ek daag enige persoon of instansie uit om ons vleis te kom toets vir enige “kruisbesmetting”. As daar by ons vreemde goed in die vleis is sal dit wees omdat die slagpale dit so aan ons verskaf – ons blokmanne maak seker hulle meng hulle wors en ander bestandele met die korrekte hoeveelhede soos verwag word – ons pure beef patties IS REGTE BEEF en geen ander goeters vind hulle weg soontoe nie. Kom ondersteun jou plaaslike klein slagter jy sal verbaas wees hoe kompeterend ons met ons pryse is – en as jy agter die KWALITEIT EN SMAAK is, sal jy NOOIT OOIT WEER by die “groot ou” op die hoek koop nie!!

Allen ·

Nou kom praat Basson van ‘n stukk lam wat by beeswors ingegooi was. Dis nie die lam waaroor ons gepla is nie ou, dis oor die donkievleis daarin!!!! Wat de hel maak jy met donkie in jou slaghuis? Kom koop die leeus daar vleis of wat. Donkievleis hoort in geen slaghuis waar vleis vir menslike gebruik verkoop word nie.

Paul Joubert ·

Allen, daar is geen donkievleis by enige van die groot kettingwinkels gevind nie. Jou kritiek is dus totaal onvanpas.

Jy kan die volledige studie wat deur die universiteit se ouens uitgevoer is, gratis op die internet less vir al die detail. Doen gerus daardie moeite en spaar jouself van al die woede.

Verder, donkievleis word redelik algemeen in Europa geëet en perdevleis nog meer algemeen.

Karin ·

Om voedsel te verkoop waarvan die etiket lieg oor die inhoud is skandalig. As ek perd wil eet sal ek perd koop maar moenie vir die gebruiker lieg nie. Die feit dat donkies as tweedehandse dier afgemaak word wat net goed genoeg is as leeuvoer maak my woedend. Donkies is nasionale erfenis weens hul ikoniese status as ekonomiese hulpbron vir Suid-Afrikaners. Voor industrialisering het hulle meule gedraai, wyn gepars, lande geploeg, families dorp toe, mark toe en kerk toe vervoer en dan is hul ook nog in ‘n Bybelse sin heilige diere. Ek weier om hulle te eet. Kry jul etiese kodes in plek supermarkte. Ons is sat vir bedriegspullery veral omdat ons hik en betaal soos die wet van Transvaal! Al hoe meer kennisse bestel karoolam en koop vars by markte want ons kan die BIG BROTHER nie vertrou nie. Ga!

Jenny Moller ·

Dit is skokkend om te sien dat dit die algemene groot winkels is. Ek doen my shopping meeste by Checkets, Spar en dan Pick a Pay.
Vandag se lewe kry daar so baie mense swaar en dan steel sulke tipe ketting winkels nog van die wat so swaar kry.

Stoney ·

Hokaai ! Ek dink hier is ‘n hengse misverstand. Die donkie, waterbuffel ens. is nie in een van die groot kettingwinkels se produkte gevind nie. Dit was in kleiner slaghuise se produkte. Daar was net vark,bees,honder en skaap wat nie korrek op die etikette aangedui was in die kettingwinkels se vleis produkte. Maar ek stem koop direk by die boer as jy kan.

Paul Joubert ·

Korrek, Stoney. Verder ook, onthou dat selfs uiters klein hoeveelhede hoender, vark of skaap DNS deur die toetse opgetel word, so selfs net ‘n baie klein bietjie “kruisbesoedeling” kan ‘n positiewe resultaat toon.

Wil die mense wat so ontsteld is nou regtig te kenne gee dat as hulle by die huis vleis braai, hulle altyd die skaaptjops en die boerewors (wat varkvleis bevat) op afsonderlike roosters braai en in afsonderlike bakke uitskep en uit afsonderlike borde eet? Twak, man!

peter ·

Maak seker die mense is reg opgelei,maak seker die leme van die masjiene waarmee vleis gesny is gesterliseer is,mag langer tyd neem maar seker dit sal help,dra handskoene,dankie aan al die boere wat vir ons almal goeie vleis verskaf,biltong ingesliut,droe wors en karbenosies.julle is bakgat,kom ons almal staan saam en help waarmee ons kan ons is mos TROTSE AFRIKANERS,EK IS

Paul Joubert ·

Daar moet twee dinge beklemtoon word: ‘n Waterbuffel is een van die stamrasse vir mak beeste – dis so naby aan ‘n bees “as makes no difference”, veral aan ‘n Brahman-bees.
Waterbuffels word nie slegs in Asië geteel nie, maar ook in Suid-Amerika en dis waarskynlik waarvandaan die vleis SA binnegekom het. Daar is wel ook waterbuffels in SA, hoewel op klein skaal sover ek weet.

Verder – donkievleis is slegs by een slaghuis gevind – nie by enige van die kettingwinkels nie. Die media probeer die indruk skep dat dit by al die winkels gevind is, maar dit was letterlik slegs by een slaghuis.

Mense oorreageer totaal.

Ook, as jy mos eenmaal slegte vleis by ‘n winkel of slaghuis gekoop het – dan koop jy mos nie weer daar nie. So reguleer die verbruiker self die mark.

Ansie Janse van Rensburg ·

Kosher vleis is dalk duurder as ander vleis maar jy weet presies wat jy kry. Baie streng maatreëls geld van die slagproses totdat jy dit in jou mandjie tel en elke slaghuis moet `n permanente persoon aanstel wat persoonlik toesien hoe elke stukkie vleis bewerk word. Mense van alle gelowe begin kosher vleis te koop, veral in Europa waar die groot skandaal begin het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.