Die name van die handelaars wie se vleisprodukte getoets en bevind is dat hul produkte verkeerdelik op die verpakking aangedui is, gaan bekendgemaak word.
Die Universiteit van Stellenbosch het aan Business Day gesê hulle reageer op ʼn versoek van die Rooivleis Bedryfsforum en die media. Die inligting gaan binnekort bekendgemaak word ten spyte van versoeke van die navorsers om die inligting vertroulik te hou.
Therina Theron, die senior navorser aan die universiteit, het gesê die hoofdoel van die studie was nie om die verskaffers en handelaars te ontbloot nie. “Vir dié rede is die name van die verskaffers en handelaars van die staanspoor af nie in die publieke domein bekendgemaak nie,” het sy gesê.
Sy sê egter dat die universiteit deur die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting gedwing is om die inligting bekend te maak.
Die universiteit se onlangse studie het bevind dat daar spore van donkie-, waterbuffel-, bokvleis en soja in Suid-Afrikaanse vleisprodukte is, en teenstrydig is met hoe die vleis op die verpakking aangedui is.
Lees ook:
Mensweefsel in vleisprodukte gevind
Video: Donkievleisskandaal knou beesvleisbedryf
Daar’s glo ook perd in wildsbiltong
Etikette op vleisprodukte bekyk
Lochner de Kock: So uit die perd se bek
Nuuskommentaar: Die donkie in die pot is nie ‘n wonderlike ding
Donkievleis glo in SA-produkte