Vleisskandaal: Sondebokke kan tronk toe

Argieffoto

Verskaffers wat betrokke is by die land se vleisskandaal kan swaar boetes of selfs tronkstraf opgelê word.

“Kragtens die Wet op Verbruikersbeskerming, kan daar ernstige gevolge vir hierdie verskaffers wees,” het Sidwell Medupe, woordvoerder van die departement van handel en nywerheid, aan die Citizen gesê.

Volgens dié wet is dit ‘n oortreding om die verbruiker te mislei en nie die korrekte prys en bestanddele op die verpakking aan te dui nie. Sou iemand hieraan skuldig bevind word, kan hy boetes van tot R10 miljoen in die gesig staar of selfs 10 jaar tronkstraf opgelê word.

Dit volg nadat die name van verskeie winkels wat vleisprodukte verkoop het, wat nie ooreenstem met wat op die verpakking aangedui is nie, Sondag in die media bekend gemaak is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.