Vlieënier sterf na ligte vliegtuig val

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

Een persoon is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Sondagmiddag in Orient Hills, Magaliesburg neergestort het in die soveelste voorval vanjaar.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die vliegtuig het in vlamme uitgebars nadat dit die grond getref het. Die vlieënier het onherkenbaar verbrand. Die Burgerlugvaartowerheid ondersoek die voorval.

‘n Vlieënier is gister dood nadat sy ligte vliegtuig by die Heidelberg-vliegveld neergestort het. Vroeër die maand is drie mense dood nadat ʼn ligte vliegtuig by die Lanseria-lughawe neergestort het. Einde verlede maand is ‘n vlieënier dood nadat sy ligte vliegtuig by die Wonderboom-lughawe neergestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Is ons vliegopleiding nog op standaard, of het dit n geldmaakskema geword ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.