Vlieëniers sien vreemde vorm in mielieland

Foto: Wynand Kemp verskaf aan JacarandaFM

Twee vlieëniers van die Wes-Rand in Gauteng beweer hulle het Sondag ʼn vorm in ʼn mielieland gesien “wat nie deur mense gemaak kon word nie”.

Wynand Kemp, een van die vlieëniers, het Maandag aan JacarandaFM gesê hy en sy pa het Sondag rustig in die Wes-Rand rondgevlieg om hul vlug-ure te vermeerder toe hulle die “mielieland-kring” soos hulle dit beskryf, opgemerk het. “Die adrenalien het bietjie begin vinnig pomp. Ek het nog nooit so iets in my lewe gesien nie, en ek glo nie dit is deur ʼn mens gemaak nie,” het Kemp aan die radiostasie gesê.

Hy sê die sirkel is sowat 15 meter breed. Kemp en sy pa het al om die vorm gevlieg terwyl hy foto’s daarvan geneem het.

Klik hier om na ʼn klankgreep van sy onderhoud te luister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kraalmuur ·

Per toeval is daar naby ‘n plaaskombuispadstal wat boerbeskuit en kloofsakkiekoffie verkoop en ‘n trekkerrit na die aliens se sakwapen onderneem. Vir ‘n ekstra R50 mag besoekers dan ook vir krugerponde grawe.

Dat oenskynlike intelligente mense soos vlieeniers iets so eenvoudigs soos mensgemaakte gewas-sirkels met alien-aktiwiteit verwar, laat my gis hoe hulle trigonometrie-simbole in hulle se dik handboeke interpreteer.

Hendrik ·

“vlieënier” is nie ‘n sinoniem van intelligensie nie, meeste vlieg ongelukke het plaas gevind a.g.v. “pilot error”.

Paul ·

Dit is definitief deur mense gemaak – sonder enige twyfel. Soos alle graansirkels nog ooit. Die groot bohaai wat destyds in Engeland daar was, was twee ouens, Doug Bower en Dave Chorley, wat dit met planke en stukke tou gedoen het.

Gene ·

That is not a mielieland. Or the farmer who planted it comes from Hillbrow. As fake as they come

javr ·

Jis julle, julle moet bietjie die ding bestudeer! Dis ‘n kompleet kaart van hoe hulle beplan om die wêreld oor te neem! Iemand moet VSA laat weet!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.