Vlieëniers sien VVV

Argieffoto

Argieffoto

Verskeie vlieëniers van passasiersvliegtuie oor die Stille Oseaan het berig dat hulle ‘n Vreemde Vlieënde Voorwerp gesien het.

Die vlieëniers se weergawes oor presies wat hulle gesien het, verskil aansienlik, maar almal sê die voorwerp het uit ‘n noordelike rigting in die rigting van Nieu-Seeland getrek. Die voorwerp trek geweldig vinnig – veel vinniger as wat die passasiersvliegtuie kan vlieg.

Twee van die vlieëniers is aangesê om die kontroles aan hul medevlieëniers te oorhandig en dadelik vir alkoholtoetse aan te meld wanneer hulle bestemmings bereik, na hul weergawes van wat hulle gesien het dit dik vir ‘n daalder was vir die grondbeheer. Volgens die een vlieënier wat dadelik met sy aankoms ondersoek gaan word, het hy ‘n span diere voor die VVV gesien, en hy is byna seker een van die diere het ‘n rooi neus.

Die ander vlieënier sê hy is seker hy het klokkies hoor klingel, en dat die insittende van die VVV vir hom gewaai het.

‘n Woordvoerder van Kleuterkrag Internasionaal sê die lugvaartowerhede moet die vlieërs uitlos. Hy wys daarop dat Oukersaand reeds in Nieu-Seeland aangebreek het.
Bron: Santa News International

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elsabe Pitout ·

Ha haaaa… ek lag dat die maskara spat. Baie oulik. Hoop die ou is oppad na my skoorsteen ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.