Vlieg-spersones oorweeg in stryd teen renosterstropery

Foto: Moira-Marie Kloppers

Ezemvelo, die KwaZulu-Natalse natuurbewaringsdiens, oorweeg om die provinsie se wildreservate tot vliegvrye sones te verklaar in die stryd teen renosterstropery.

Bandile Mkhize, hoof van Ezemvelo, sê stropers maak van gesofistikeerde taktieke soos knaldempers op hul gewere en helikopters gebruik om renosters te stroop. Mkhize het tydens ‘n beraad oor renosterstropery by die Universiteit van Zoeloeland gepraat. Hy sê die moeilikheid met stropers is dat al het hulle ‘n vlugplan met die lugvaartowerhede, maak hulle nie hul werklike bedoelings bekend nie. Mkhize sê 11 renosters is die afgelope week in die provinsie vir hul horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.