Vliegongeluk: Vlieënier se naam bekend

Foto: Google Maps

Foto: Google Maps

Die vlieënier wat gister gesterf het nadat sy ligte vliegtuig tussen Infanta en Swellendam in die Wes-Kaap neergestort het, se naam is bekend gemaak.

Die SABC het die oorledene geïdentifiseer as die 45-jarige Joos Boonekamp. Reinardt Geldenhuys, bestuurder van Overberg-rampbestuur, het aan die uitsaaier gesê die Burgerlugvaartowerheid se ondersoek sal probeer vasstel of meganiese probleme tot die ongeluk bygedra het.

Maroela Media het gister berig dat die vliegtuig naby ‘n vliegveld neergestort het kort nadat dit opgestyg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.