Vliegtuig-deposito word terugbetaal

Die kansellasie van die R2 miljard-vliegtuig vir president Jacob Zuma sal geen finansiële implikasie vir die land hê nie, het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, Vrydag gesê.

Mapisa-Nqakula het vroeër aangekondig dat die kopie kanselleer is, en dat die kooptransaksie vir die 300-sitplek Boeing 777 reeds op 15 Junie verval het. Die deposito van US$10 miljoen (R82 miljoen) sal terugbetaal word, berig EWN.

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, sal nou die voorval ondersoek.

Die besluit om die transaksie te kanselleer is Mapisa-Nqakula se eerste groot besluit sedert sy sowat ‘n maand gelede die leisels by Lindiwe Sisule oorgeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.