Vliegtuig doen noodlanding in Pietermaritzburg

Die foto is deur @reptrail op Twitter gelaai.

‘n Ligte vliegtuig moes Woensdagoggend ʼn noodlanding in Oldfield weg in Pietermaritzburg, Kwazulu-Natal, doen.

Chris Banks, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die rede vir die noodlanding is nog nie bekend nie en sal deur die betrokke owerhedeondersoek word. Die vliegtuig is erg beskadig en het deur ‘n heining van ‘n wildreservaat gebars. “Drie mense was in die vliegtuig. Gelukkig is niemand in die voorval beseer nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.