Vliegtuig-kaping: Medevlieënier vasgetrek

Die gekaapte vliegtuig nadat dit in Switserland geland het Foto: emirates247.com

Die gekaapte vliegtuig nadat dit in Switserland geland het Foto: emirates247.com

ʼn Medevlieënier wat Maandag ʼn vliegtuig van Ethiopië na Rome gekaap het, is in hegtenis geneem.

Hailemedhin Abera (31), ʼn Ethiopiër wat asiel gesoek het in Switserland, het beheer geneem oor die vliegtuig toe die vlieënier die badkamer besoek het. Hy het homself glo in die kajuit toegesluit terwyl hulle oor Soedan gevlieg het.

In een stadium het die vliegtuig glo só skerp met sy neus geduik, dat die suurstofmaskers uitgeval het, berig die Italiaanse media.

Militêre vegvliegtuie het die vliegtuig, met sy 200 passasiers en bemanning aan boord, begin vergesel toe die vliegtuig oor Europa gevlieg het. Abera wou glo deur die kajuitvenster ontsnap toe die Boeing 767 van Ethiopian Airlines in Genève geland het.

Owerhede het gesê Abera se kans om nou asiel te kry, is baie skraal. Hy sal in Switserland daarvan aangekla word dat hy mense gyselaar gehou het. Indien hy skuldig bevind word, kan hy tot 20 jaar tronkstraf gevonnis word. Ethiopië sal glo aansoek doen om hom aan sy land van oorsprong uit te lewer en hom dan daar vir die kaping vervolg, waar hy tot 25 jaar tronkstraf gevonnis kan word, berig NBC News.

Lees ook:
Vlug van Ethiopië gekaap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.