Vliegtuig land sonder wiele by Lanseria-lughawe

Argieffoto

Argieffoto

Die aanloopbaan by die Lanseria-lughawe in Pretoria moes Donderdagoggend tydelik sluit nadat ʼn vliegtuig se onderstel, waaronder sy wiele, tydens die landingsproses gefaal het.

“ʼn Kleinvliegtuig se onderstel het gefaal toe dit omstreeks 08:30 wou land,” het Claudette Vianello, ʼn woordvoerder van die lughawe, gesê. Sy sê die vliegtuig se wiele het uitgekom toe die vliegtuig begin land, maar dat die wiele “ineengestort het” toe dit die aanloopbaan tref.

Daar was vier mense aan boord. Geen beserings is aangemeld nie.

Volgens Vianello was die aanloopbaan vir 45 minute lank gesluit en is dit intussen reeds weer oopgemaak. “Ons is 100% op skedule,” het sy gesê.

Die Burgerlike Lugvaartowerheid sal die voorval ondersoek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.