Vliegtuig maak noodlanding by Wonderboom-lughawe

Foto: Wonderboom lughawe

Die burgerlugvaartowerheid ondersoek ʼn voorval waar ʼn vliegtuig gedwing is om op sy maag te land by die Wonderboom-lughawe, noord van Pretoria.

ʼn Woordvoerder van die Tshwane-metroraad, Pieter de Necker, sê die vliegtuig met 12 sitplekke moes Woensdagaand omstreeks 19:15 ʼn noodlanding uitvoer nadat ʼn wiel nie uitgekom het soos dit moes nie. De Necker sê die landingstrook is met skuim gespuit terwyl die vliegtuig bo die lughawe gesirkel het om brandstof op te gebruik. Twee vlieëniers en ʼn bemanningslid was aan boord van die vliegtuig. Niemand is in die voorval beseer nie. De Necker sê die lughawe sal na verwagting vir die grootste deel van Donderdagoggend gesluit wees terwyl die voorval ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.