Vliegtuig-ongeluk in KwaZulu-Natal

‘n Ligte vliegtuig het Vrydagmiddag naby Virginia-lughawe in Durban op ‘n strand neergestort. 

Dean Macpherson, woordvoerder van Crisis Medical, sê die vlieënier is nie beseer nie. “Dit blyk die vliegtuig het van Virginia-lughawe opgestyg en het net daarna enjinprobleme aangemeld. ‘n Volledige noodlanding is toe verklaar,” het hy in ‘n verklaring gesê. “Die vlieënier wou weer by Virginia gaan land het, maar het toe op Virginia strand, langs die lughawe, geland.” Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.