Vliegtuig-ongeluk: Tweede liggaam gekry, name bekendgemaak

Argieffoto

Die liggaam van ʼn tweede man is gevind nadat ʼn vliegtuig Dinsdagaand in die Modimola-dam buite Mahikeng (Mafikeng) in Noordwes neergestort het.

Brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, sê die liggaam van Narco van Straten (23) is Woensdag omstreeks 17:00 deur die polisie se duikeenheid gevind. Die eerste liggaam, Martin Steyn (54), is vroeër die dag om 10:00 opgespoor.

Ngubane het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, en sal deur die Suid-Afrikaanse Burger­like Lugvaartowerheid ondersoek word.

Lees ook:
Polisie kry een liggaam ná vliegtuig val
Ligte vliegtuig val glo in dam

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.