Vliegtuig stort neer by Wonderboom-lughawe

Wonderboom vliegtuigEen persoon is dood nadat ʼn ligte tweeman-vliegtuig Dinsdagoggend by die Wonderboom-lughawe in Pretoria neergestort het.

Mirna von Benecke, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig dat die ongeluk omstreeks 07:35 plaasgevind het. “Die polisie, brandweer en ondersoekbeamptes is nog op die toneel. Inligting is nog skaars, en die oorledene se naam mag nog nie bekend gemaak word nie,” het Von Benecke gesê.

Volgens Von Benecke wil dit voorkom of daar net een persoon in die vliegtuig was. Die vliegtuig het neergestort en in stukke opgebreek. Dit het nie aan die brand geslaan nie.

Die Burgerlike Lugvaartowerheid ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.