Vliegtuig tref vrou op aanloopbaan

'n Ligte vliegtuig, soortgelyk aan dié een, het die vrou getref.

ʼn Vrou wat oor die aanloopbaan van die vliegveld in Ermelo gehardloop het, is in die helfte geskeur deur ʼn ligte vliegtuig wat geland het, berig Beeld.

Polisiekaptein Carla Prinsloo het aan die dagblad gesê dat drie vroue Maandag besig was om hout bymekaar te maak by ʼn nabygeleë plantasie. “Hulle wou kortpad neem deur die vliegveld, maar een van die vroue het die afstand van ʼn vliegtuig wat kom land het onderskat, en is toe deur die linkervlerk getref,” het sy gesê. Die vrou, wat glo in haar laat 50s is, moet nog deur haar gesin by die lykshuis in Ermolo uitgeken word. Die vlieënier, Malcolm Wushard, is nie beseer nie. Sy Mooney enkelenjin-vliegtuig is egter beskadig. Prinsloo sê ʼn ondersoek sal ingestel word en die ongeluk is by die Burgerlike Lugvaartowerheid aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.