ʼn Vliegtuig van Ethiopian Airlines met sowat 200 passasiers aan boord is Maandagoggend van Addis Abeba onderweg na Rome gekaap.
Flightrader24.com het berig dat die vliegtuig ʼn ou Boeing 747 is, en dat dit gedwing is om in Genève te land nadat die vlieëniers ʼn noodsein uitgestuur het.
Die polisie in Switserland het aan die BBC bevestig dat een kaper in hegtenis geneem is en dat die situasie onder beheer is.
Die lugredery het kort na die voorval in ʼn persverklaring op hul webwerf bevestig dat vlug ET-702 veilig op die lughawe in Genève is. “Alle passasiers aan boord is veilig en ongedeerd. Ethopian Airlines is besig met reëlings dat die passasiers so gou as moontlik by hul eindbestemming kom,” lui die verklaring.
Die vlug is gekaap terwyl dit oor Soedan gevlieg het. Die rede vir die kaping is nog onduidelik. Gerugte beweer dat van die mense aan boord asielsoekers was.
Bronne: BBC, www.ethiopianairlines.com, Flightradar24.com
Mense wat hierdie tipe dade pleeg kan vir my part summier terreggestel word.