Vliegtuig van nuwe Franse president deur weerlig getref

Die Falcon 7X-vliegtuig waarin Hollande gereis het

Francois Hollande het Dinsdag amptelik sy pos as Frankryk se president ingeneem, maar ure later is sy vliegtuig op pad na Berlyn deur weerlig getref.

Na die inhuldigingseremonie het Hollande in sy Falcon 7x-vliegtuig na Berlyn vertrek. Die vliegtuig is kort daarna deur weerlig getref en moes na Villacoublay-lugmagbasis buite Parys terugkeer. Niemand is in die voorval beseer nie. Die president en sy gevolg het kort daarna met ʼn Falcon 900 vertrek. Hollande was uiteindelik een en ʼn halfuur laat vir sy eerste vergadering met Angela Merkel, Duitse kansellier.

Die sosialistiese Hollande is op 6 Mei tot president van Frankryk verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.