Vliegtuig word vermis

map-mozambiqueʼn Vliegtuig met 28 passasiers en ses bemanningslede word vermis nadat dit Vrydag in Maputo, Mosambiek opgestyg het op pad na Luanda, Angola.

Die vliegtuig van ʼn Mosambiekse lugredery het Vrydagoggend 11:30 Suid-Afrikaanse tyd opgestyg en moes 15:10 by sy bestemming aankom. “Voorlopige inligting dui daarop dat die vliegtuig dalk in Rundu, noord van Namibië naby die grens met Botswana en Angola geland het,” het die lugredery in ʼn verklaring gesê. “LAM-lugredery en lug-en lughawe-owerhede probeer kontak maak met die vliegtuig om die inligting te bevestig.” Die nasionaliteite van die passasiers kon nog nie bevestig word nie. Dit is ook nie duidelik of enige regeringsamptenare aan boord is nie. Norberto Mocupa, woordvoerder van die lugredery, wou nie kommentaar lewer op berigte dat die vliegtuig tydens ʼn storm neergestort het nie. “Die laaste kontak was in die noorde van Namibië.” Volgens onbevestigde berigte het die vliegtuig moontlik in die Bwabwata Nasionale Park sowat 200km oos van Rundu neergestort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.