Die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) het nou alle name bekendgemaak van die persone wat Woensdag in die Dakota-vliegtuigongeluk gesterf het.
Die wrak van die vliegtuig is vroeg Donderdagoggend in die Giants Castle-gebied in die Drakensberg deur ʼn Oryx-helikopter opgespoor. Die vliegtuig het weens slegte weer verongeluk. Die Dakota het by Waterkloof-lugmagbasis opgestyg en moes na verwagting omstreeks 10:00 in Mthatha geland het.
Die naasbestaandes van die slagoffers is in kennis gestel.
Algoa FM berig die bemanningslede is soos volg:
Majoor K. Misrole, kaptein Z.M. Smith, sersant B.K. Baloyi, sersant E. Boes, sersant J.M. Mamabolo en korporaal L. Mofokeng.
Algoa FM berig die passasiers is soos volg:
Sersant L. Sobantu, korporaal N.W. Khomo, korporaal A. Matlaila, korporaal M.J. Mthombeni en onderkorporaal N.K. Aphane.
Die familielede van die slagoffers het Donderdag reeds berading by Ysterplaat-lugmagbasis ontvang.