Vliegtuigongeluk: Ondersoek afgehandel

‘n Dakota-vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM)

Die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) het Woensdag bekend gemaak dat die ondersoek na die onlangse Dakota-vliegtuigongeluk, waarin al 11 bemanningslede aan boord gesterf het, afgehandel is. Die SALM sê egter dit sal nog maande duur om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

Maroela Media het vroeër berig die Dakota-vliegtuig was van die Waterkloof Lugmagbasis onderweg na Mthatha toe dit vermis geraak het. Die vliegtuig was veronderstel om omstreeks 10:00 in Mthata te land. Die wrak van die vliegtuig is ‘n dag later in die Giants Castle-gebied in die Drakensberg opgespoor.

“Dit is ʼn reuse lugvaart-tragedie in Suid-Afrika. Hierdie vliegtuig het ʼn ryk en trotse erfenis in die Suid-Afrikaanse Lugmag. Dit het in die Tweede Wêreldoorlog gevlieg en het onlangs ʼn ‘nuwe lewe’ gekry toe dit as die amptelike ondersteuningsvliegtuig van die Silwer Valke geverf is,” het Brian Emmenis, lugskoukommentator en lugvaartkenner, destyds aan AlgoaFM gesê

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.