Vloedslagoffers se liggame opgespoor

Die liggame van twee mans wat onlangs tydens vloede in ‘n rivier op Vensterhoekplaas in Patensie, Oos-Kaap, geval het, is Saterdagoggend opgespoor.

Mzukisi Gxekwa (25) is Vrydag eerste deur polisieduikers in die rivier naby Milton opgespoor, het ao Gerda Swart, woordvoerder van die Oos-Kaapse polisie gesê. Daniel Mbeki (60) se liggaam is naby Hankey opgespoor.

Die twee het glo op 5 Augustus in die water geval toe hulle die rivier wou oorsteek. Verskeie pogings om hul liggame op te spoor is sedertdien aangewend. Hulle is egter eers Vrydag opgespoor toe ‘n helikopter oor die gebied gevlieg het.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.