Vlootreservis skiet glo 12 dood by VSA-vlootbasis

Aaron Alexis

Aaron Alexis

ʼn Vlootreservis het Maandag 12 mense doodgeskiet en ʼn aantal gewond nadat hy by ʼn vlootbasis in Washington op vlootpersoneel losgebrand het.

Die FBI het die skieter as die 34-jarige Aaron Alexis van Fort Worth in Texas geïdentifiseer. Alexis is dood nadat hy in ʼn skietgeveg met die polisie betrokke geraak het. Alexis was van 2007 tot 2011 in die vloot. Die polisie soek intussen na ʼn tweede verdagte wat moontlik by die skietery betrokke was. President Barack Obama het intussen opdrag gegee dat vlae in die hoofstad tot Vrydag halfmas moet hang. Obama het die voorval as ʼn “lafhartige daad” beskryf en gesê “ons konfronteer nog ʼn massa-skietery” en dat millitêre troepe nie by die huis deur gevaar gekonfronteer moet word nie. Vincent Gray, burgemeester van Washington, sê die aanval word nie in die stadium aan terrorisme verbind nie hoewel die moontlikheid nie uitgesluit word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

G@TVOL ·

More vuur, stem met jou, hulle is almal maar die selfde. Plaas ons net kan skei, hulle op hulle grond en ons op ons sin, dan gaan jy baie vinnig sien dat ons ver voorentoe sal gaan en hulle agteruit.

mickey ·

ja dis waar onderliggend is almal van hulle wrede gevoelose selfgesentreerde wesens elkeen net vir hom/haarself en nie eens al die blink en glans wat hulle om hulself hang kan dit verbloem nie en dis orals in die wereld te sien, so jammer vir die families wat die sinnelose moord moet verwerk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.