Vlugte by Kaapstad-lughawe vertraag

Eindpuntgebou by 'n lughaweVlugte by die Kaapstadse Internasionale Lughawe is Maandag vertraag weens ʼn brandstoftekort.

Deidre Davids, woordvoerder van de lughawe, sê Comair-vlugte is vertraag nadat hulle brandstofverskaffer nie aan hul vraag kon voldoen nie. Comair bedryf onder meer Kulula en British Airways. Davids sê die lughawe se reël is dat lugrederye ʼn minimum van drie dae se brandstofvoorraad moet hou. “Terwyl die beskikbare brandstof nog nie onder die minimum voorraadvlak gegaan het nie is daar kommer oor die brandstofverskaffing vanaf die raffinadery. Dit is hoekom die lughawe en lugrederyverenigings in gesprek is met Chevron om seker te maak dat hulle planne in plek het om aan die gekontrakteerde brandstofverpligtinge te voldoen en te verseker dat voorraadvlakke gehandhaaf word sodat die lughawe se bedrywighede nie nadelig geraak word nie.” Dit is nie duidelik hoe lank die vlugte vertraag is nie. Davids sê lugrederye is versoek om brandstof by ander lughawens te kry. Suzanne Pullinger, woordvoerder van Chevron, was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.