Vlugte na Argentinië steeds moontlik

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Maandag gesê reisgeleenthede na en van Argentinië gaan steeds moontlik wees met behulp van sy vennote.

“Alhoewel die SAL van volgende jaar Maart af sy eie vlugte na en van Buenos Aires gaan kanselleer, sal SAL-klante steeds tussen Suid-Afrika en Argentinië kan vlieg deur verskeie lugrederye van Suid-Amerika wat in vennootskap staan met die SAL,” het Monwabisi Kalawe, die uitvoerende hoof van SAL, in ʼn verklaring gesê.

“Voordat enige roete gekanselleer word, neem SAL verskeie faktore in ag. Die vermindering van passasiersvolume, die swak rand en hoë brandstofkostes het ʼn groot rol in dié besluit gespeel.”

Klante sal steeds in staat wees om aan te sluit by verskeie eindbestemmings in Argentinië waar die SAL tans 11 weeklikse vlugte bedryf.

Die SAL het onderhandelinge met sy Star Alliance-vennote en ander groot lugrederye aangegaan om seker te maak vlugte tussen Sao Paulo en Buenos Aires, sowel as vlugte na en van enige hoof Suid-Amerikaanse eindbestemming sal voortgaan.

Klante wat reeds vlugte vanaf 29 Maart 2014 bespreek het, se geld sal aan hulle terugbetaal word.

Lees ook:
SAL kanselleer vlugte na Argentinië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.