Vlugte na Margate weer beskikbaar

Beech 1900

‘n Beech 1900-vliegtuig

Die diens tussen die Margate-lughawe en OR Tambo-lughawe sal deur CemAir bedryf word. Hulle sal gebruik maak van ʼn 19-sitplek Beech 1900-vliegtuig.

Volgens ʼn persverklaring van die Hibiscus Coast-munisipaliteit was daar vir die afgelope drie jaar geen geskeduleerde vlugte na Margate toe nie.

Volgens Laura van der Molen, die lugredery se hoof finansiële bestuurder, sal vlugte twee keer per week beskikbaar wees, en daagliks tydens vakansietye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

mandi ·

Wonderlik! Laat weet asb indien daar afslagpryse op vlugte is, baie dankie!¤)m

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.