Opbrengste uit misdaad wêreldwyd beloop sowat $2.1 biljoen per jaar, vergeleke met die nominale bruto binnelandse produk (BBP) van ekonomieë soos Brittanje of Italië, het die hoof van die VN se kantoor oor Dwelms en Misdaad (UNODC) Maandag gesê.
Dit maak ongeveer 3.6% uit van die wêreldwye BBP, het Yury Fedotov, uitvoerende direkteur van die UNODC in Weenen gesê. “Dit is duidelik dat dít wat eers as ʼn misdaad beskou is, nou ʼn wêreldwye bedreiging inhou vir gesondheid, sekuriteit en volhoubare ontwikkeling,” het hy na die openingseremonie van die jaarlikse VN-konferensie oor misdaad gesê. Korrupsie in ontwikkelende lande beloop sowat $40 miljard per jaar, terwyl onwettige mensehandel wêreldwyd sowat $32 miljard per jaar beloop, luidens skattings gemaak deur die VN.