VN spreek kommer uit oor SAR

Pres. François Boizizé

Die Verenigde Nasies (VN), by monde van sy sekretaris-generaal Ban Ki-moon, het sy diepe besorgdheid oor die chaotiese toestand in die Sentraal-Afrikaanse Republiek uitgespreek na rebellemagte die hoofstad oorgeneem het.

Hy het ook ‘n beroep op die strydende partye gedoen om die gevegte te staak. Die oorname is glo gevolg deur omvattende plundery, ook van VN-besittings, en Ban Ki-moon het beloof dat die oortreders nie hul straf hieroor sal ontduik nie. Die rebellemagte het volgens berigte weer tot die offensief oorgegaan toe pres. François Boizizé hom nie by die ooreenkomste van die vredesooreenkoms van Januarie gehou het nie.
Minstens nege Suid-Afrikaanse soldate wat deur pres. Jacob Zuma na die SAR gestuur is om Boizizé te rugsteun, is volgens ‘n ooggetuie doodgeskiet. ‘n Aanbeveling dat die Suid-Afrikaanse soldate in die lig van die verslegtende toestand onttrek is glo verlede week geïgnoreer. Boizizé het self in 2003 deur ‘n militêre staatsgreep aan bewind gekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.