VN stuur noodvoorraad na Somalië

Die Verenigde Nasies gaan die week noodvoorraad aflewer aan dele van die droogte geteisterde Somalië. Die VN is twee jaar gelede deur millitante verbied om die areas binne te gaan.

Die wêreldliggaam sê egter hy sal kos na die gebied stuur om te keer dat nagenoeg 175 duisend vlugtelinge van hongersnood sterf. Die VN se Voedselagentskap het vandag dringende sampesprekings in Rome gehou oor die droogte in Oos-Afrika waar meer as 11 miljoen mense dringend voedselhulp moet kry. Die VN het ʼn beroep gedoen op lidlande vir skenkings van minstens een-komma-ses miljard Amerikaanse doller

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.