VN-verslag veroordeel marteling en moorde in Noord-Korea

Kim Jong-un

Kim Jong-un

Die VN het die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-Un gewaarsku dat hy persoonlik aanspreeklik gehou kan word vir misdade teen die mensdom wat in ‘n verslag van 400 bladsye aan die lig gekom het.

Noord-Korea het ontken dat daar waarheid in die VN-verslag steek.

Een van die opstellers van die verslag sê die voorvalle wat opgeteken is herinner aan die ergste grudade wat die Nazi’s en Spil-vennote gepleeg het. Noord-Korea word onder meer beskuldig daarvan dat mense vermoor word, gemartel word, doelbewus uitgehonger, na strafkampe ontvoer en verkrag word. Talle mense het verdwyn. Selfs kinders wat self niks verkeerd gedoen het nie, is na strafkampe geneem bloot omdat hulle familie is van mense wat daarvan verdink word dat hulle politiek andersdenkend is, of godsdienstig is.

Die verslag raam dat tussen 80 000 en 120 000 mense hulle nog in groot strafkampe bevind.

Die uitreiking van die verslag kan verhoudinge tussen Noord- en Suid-Korea, wat in die onlangse verlede klein tekens van beterskap begin toon het, weer erg versuur.

Klik hier om ‘n vollediger berig in die Los Angeles Times te lees.  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.