Vodacom struikel in Please Call Me-hofsaak

Vodacom kon Maandag nie daarin slaag om ʼn saak oor die Please Call Me-ontwerp in die hooggeregshof geskrap te kry nie, het die Business Report Dinsdag berig.

Die hof het Maandag Vodacom se poging om die saak tersyde te stel, van die hand gewys en die saak sal volgende week voortduur.

Nkosana Makate, ʼn voormalige werknemer van Vodacom, beweer hy het die Please Call Me-diens in 2000 ontwerp. Hy beweer Philip Geissler, wat destyds sy baas was, het in ʼn mondelingse ooreenkoms belowe dat Geissler by Vodacom vergoeding sal reël vir dié idee.

Geissler het die idee aan Vodacom voorgelê en gesê hy sal onderhandel dat Makate vergoed word daarvoor, sodra die konsep ontwikkel is en die tegniese en kommersiële aspekte in plek was, wat glo nie gebeur het nie.

Makate het die hof in 2008 genader om Vodacom te forseer om ʼn billike vergoeding vir sy idee uit te loof.

Volgens die berig vergoed Vodacom nie sy werknemers buiten hul normale vergoeding nie.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.